facebooktwitterlinkedinyoutube

Land Cruiser Fees by Sondela ‘n groot sukses

Land Cruiser Fees by Sondela ‘n groot sukses

Trio Events bedank graag alles deelnemers en besoekers by die afgelope naweek se Hankook Land Cruiser Fees, aangebied by Sondela Nature Reserve en Spa naby Bela Bela. Ondanks streng Covid-19 protokols in plek was dit ‘n reuse sukses.

Ondanks die feit dat ons die laaste 2 jaar nie die Afrika Rekord probeer verbeter het nie (ons hou tans die rekord vir die meeste Land Cruisers op een terrein op een dag en die meeste bewegende Land Cruisers in ‘n 20km plus konvooi), was daar nogsteeds 253 Cruisers geregistreer en min of meer 120 Cruisers plus wat ook nog op terrein was en by die uitstalareas, maar nie in die formasie gepak was nie.

Ons datum vir 2022 sal van 9 tot 11 September wees en daar sal ‘n paar groterige veranderinge kom wat sal saamval met ons 10de geleentheid.
Een van die veranderinge sal wees dat die woord  ‘extreme’ nou sal deel uitmaak van die geleentheid se naam.

Soos kan afgelei word uit die ‘nuwe naam’ sal ons dan ook op die Saterdag net na die formasie / konvooi meer aandag en tyd gee aan die Cruiser Gravel Drags (met ‘n paar interessante veranderinge) asook 2 of 3 nuwe items wat ook by die ‘drag area’ gaan aangebied word waaraan almal kan deelneem, alhoewel dit bietjie meer ‘extreme’ gaan wees. Ons sal ook weer ‘n volskaalse Afrika Rekord Poging aanbied en sodanig laat verifieer (tans hou ons die huidige rekord).

Cruiser eienaars het gevra dat ons meer doen vanaf die Vrydag middag wat ons gedoen het en nou gee ons gehoor dat daar meer tyd by die ‘gravel drag’ baan spandeer word die Saterdagmiddag en ons gaan meer as net langer tyd spandeer hier, maar ‘n paar lekker verassings byvoeg by die baan – vandaar die woord ‘extreme’ wat by die naam gevoeg gaan word!

Sonder borge is hierdie geleentheid nie moontlik nie en ons is baie dankbaar vir elke borg se bydrae. Spesiale dank aan Hankook Tyre SA wat ons nou al vir ‘n geruime tyd ondersteun.  Dit word werklik waardeer!

Sien asb al ons borge se name aangeheg - ondersteun asb hierdie instansies met oorgawe!

Ons hoop om almal weer terug te sien by die 2022 geleentheid.

It’s A Cruiser Thing!!

 

 

We use cookies

We use cookies on our website. Some of them are essential for the operation of the site, while others help us to improve this site and the user experience (tracking cookies). You can decide for yourself whether you want to allow cookies or not. Please note that if you reject them, you may not be able to use all the functionalities of the site.